Nuwe uitdagings en opwinding lê vir Mullies se Graad 1’s voor.
Met skoon gewaste gesiggies en haasbekkies het 93 Graad 1’tjies vir die eerste keer vanoggend (11 Januarie) deur Laerskool Muldersdrif se hek gestap.
Mullies spog vanjaar met drie stelle tweelinge waarvan net een identies is. Die leerders was so opgewonde en kon nie wag om hulle broodjies te eet en met hul maats te speel nie.

“Ek is baie opgewonde om by die skool te wees en ek hou baie van my juffrou,” het Amy Kalil gesê.
Juffrou Sonet Els is baie positief oor dit wat die nuwe jaar inhou. Haar assistent, Christelle Cornelissen het aan die News vertel dat dié gesiggies soveel opwinding in ‘n mens se lewe bring.
Sommige van die leerders het reeds geweet wat hulle wil word as hulle groot is. Dokters en juffrouens was van die gunsteling beroepe.

Die leerders het reeds afgeskop met atletiek en hulle sien daarna uit om binnekort huissport te hou. Mia West het aan die News vertel dat sy die vakansie sommer ses van haar tande getrek het.
Die onderwysers kon met trots sê dat hulle die jaar ‘n wenspan gewerf het en dat hulle baie uitsien na die nuwe jaar.
Lees ook
Graad 1: Want hulle is eerste beste
