NewsSchools

Bastion speel gasheer vir twee ander skole

Die swaar reën wat tydens die byeenkoms geval het, het nie die atlete gekeer om hulle beste te doen nie.

Al het dit op Vrydag, 20 Januarie hard gereën, het dit nie die toegewyde atlete van Hoërskool Roodepoort, Hoërskool Jan Viljoen en Hoërskool Bastion gekeer om op die atletiekveld uit te draf en trots hulle skole te verteenwoordig nie.

Riaan de Jager, 'n atleet van Hoërskool Bastion hardloop volspoed na die volgende hekkie toe nadat hy een omgestamp het.  Foto: Monique Naudé
Riaan de Jager, ‘n atleet van Hoërskool Bastion hardloop volspoed na die volgende hekkie toe nadat hy een omgestamp het.
Foto: Monique Naudé
Abrie Roesch, 'n atleet van Hoërskool Bastion spring oor die hoë hekkies. Foto: Monique Naudé
Abrie Roesch, ‘n atleet van Hoërskool Bastion spring oor die hoë hekkies.
Foto: Monique Naudé

Die byeenkoms is op Bastion se sportvelde gehou en die atlete het groot ondersteuning van die skare op die pawiljoene geniet. Albei skole wat teen Bastion deelgeneem het, was goeie kompetisie en die Bastion-atlete kon reeds hulle vordering teen die ander meet. “Bastion se atlete is opgewonde oor die atletiekseisoen wat voorlê,” het Monique Naudé, woordvoerder van Bastion gesê. “Die byeenkoms was ‘n groot sukses ten spyte van die reën.”

Neo van der Plank, 'n atleet van Hoërskool Bastion vlieg deur die lug om die verspringrekord te slaan. Foto: Monique Naudé
Neo van der Plank, ‘n atleet van Hoërskool Bastion vlieg deur die lug om die verspringrekord te slaan.
Foto: Monique Naudé

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes: 

Randfontein HeraldRoodepoort RecordGet It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button