Local newsNewsSchools

Vreugde vir Ebies so vroeg in die jaar

In Gauteng-Suid is daar 880 tassies by 17 skole uitgedeel. Een van daardie skole is Laerskool Ebenhaeser.

Talle leerders kon hul eerste skooljaar op gelyke voet met hul maatjies afskop, danksy Solidariteit Helpende Hand se Skooltassieprojek.

Hierdie projek was om ’n hele paar redes nog altyd Gauteng-Suidstreek se vlagskipprojek. Die belangrikste is egter die glimlaggies en blink ogies van die leerders en die ongelooflike dankbaarheid van die skoolhoofde en -juffrouens. Jaar na jaar bly dit ’n voorreg om ’n verskil te maak.

Die Skooltassieprojek is nou in sy 10de jaar en het al meer as 30 000 kinders gehelp deur ’n skooltassie met die nodigste skoolbehoeftes aan hulle te verskaf. Vanjaar word 4 600 skooltassies aan behoeftige kinders in 158 skole oor die land heen uitgedeel.

In Gauteng-Suid is daar 880 tassies by 17 skole uitgedeel. Een van daardie skole is Laerskool Ebenhaeser.

Solidariteit Helpende Hand Gauteng-Suidstreek wil hiermee ook hulle dankbaarheid teenoor die gemeenskap betuig wat dit vir hulle moontlik maak.

Indien jy skryfbehoeftes wil skenk, stuur ‘n e-pos na Adele Kruger by adele@helpendehand.co.za.

Lees verder:

Matrieks val deur die krake van SA se onderwysfondasie

Arm studente moet opbou, nie afbreek nie

Solidariteit vra: gee jou hand …

Ebies bederf hul oupas en oumas

Nuwe skooltassies vir leerlinge

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button