Editor's choiceLocal newsNews

Valentynsdag is behoorlik gevier

Geskenkies was volop en geliefdes het mekaar behoorlik bederf met groot bere, rose en sjokolade.

Valentynsdag het oud en jonk aan die gons gehad.

Liefde het nie ‘n ouderdomsbeperking of sperdatum vir die inwoners van Krugersdorp nie.

Nqobile Sikhane, Khumo Matshi en Bulewa Sipneuka het lekker onder ‘n sambreel piekniek gehou.

Die News het op Valentynsdag by Hoërskool Nic Diederichs gaan inloer om te sien hoe hulle die spesiale dag vier. Die skool het sy leerders toestemming gegee om op dié spesiale dag iets rooi aan te trek en om ‘n lekker piekniek op die sportveld te hou. Die leerders was baie in hulle noppies, want hulle kon toe meer tyd spandeer met dié wat vir hulle spesiaal is – hetsy ‘n geliefde of net ‘n spesiale vriend of vriendin. Geskenkies was volop en geliefdes het mekaar behoorlik bederf met groot bere, rose en sjokolade.

Zain de Souza, Skyler Smit, Caelyn Smit en Peet Meintjies het mekaar lekker bederf.

“Ons vier Valentynsdag by die skool, want na skool het ons huiswerk en my pa is ook heeltemal te streng dat ek op Valentynsdag saam met my vriend kan uitgaan,” het leerder Skylar Smit gesê.

Die leerders kon spookasem en springmielies koop en lekker gesellig wees met musiek in die agtergrond. Die onderwysers het ook iets rooi aangetrek en die dag saam met die leerders gevier.

Vir die leerders is Valentynsdag baie spesiaal. Dié wat nie ‘n geliefde gehad het nie het aan die News gesê dat hulle Valentynsdag saam met hul ouers vier. Dit is ‘n bewys dat liefde in alle vorme op dié spesiale dag gevier kan word.

Lees meer hier

A popular day to make vows

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button