Schools

Afrikaans in die Wolke lok sowat 8 000 na Noordheuwel

Hoërskool Noordheuwel se gewilde musiekfees het vanjaar sowat 8 000 mense gelok, met groot name soos Bok van Blerk, Steve Hofmeyr en Snotkop op die verhoog.

Afrikaansmusiekliefhebbers het op 12 September na Hoërskool Noordheuwel gestroom vir die jaarlikse Afrikaans in die Wolke-musiekfees.

Groot name in die Afrikaanse musiekbedryf, waaronder Bernice West, Bok van Blerk, Steve Hofmeyr, Snotkop, Early B, G-String en Zaan Sonnekus het die verhoog gedeel tydens die geleentheid, wat vanjaar ook deel was van die skool se 45ste bestaansjaarvieringe.

Mathilda Steyn en Rihan van Niekerk geniet die fees. Foto: Heinrich Greyling

Volgens Norie-hoof, Dawie Kriel, was dit ’n voorreg om die fees aan te bied en soveel mense op die skoolterrein te sien saamkuier.

“Die atmosfeer om soveel mense te hê en te sien hoe hulle dit geniet, was definitief die hoogtepunt vir my,” sê Kriel.

Norie skoolhoof, Dawie Kriel. Foto: Heinrich Greyling

Die skool bied die fees sedert 2017 aan. Wat aanvanklik as ’n fondsinsamelingsgeleentheid begin het, het volgens Kriel oor die jare tot ’n gevestigde gemeenskapsfees gegroei.

Snotkop tydens sy vertoning. Foto: Heinrich Greyling

Hy sê die geleentheid word nou deur die breër Krugersdorp-gemeenskap ondersteun en is nie meer uitsluitlik ’n Noordheuwel-geleentheid nie.

Meer fotos hier:

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Heinrich Greyling

Heinrich Greyling is a LLB student, which gives him an eye in fairness towards everything he writes about, with a passion of uncovering the truth. If the relevant information is available, he is willing to help anybody, with a keen interest in hard, crime, entertainment, municipal, human interest and automotive journalism. He is a journalist who is willing to write about anything, no matter the controversy or risks involved.
Back to top button