Local newsNewsSchools

Lees veroorsaak ‘n rimpeleffek waar jy altyd wen

'n Organisasie en 'n skool het hande gevat om 'n verskil in minderbevoorregte kinders se lewe te maak.

ATKV-Handevat is ‘n ontwikkelingsprojek vir die gemeenskap waarvolgens ‘n meer bevoorregte skool in die gemeenskap ‘n projek aanpak om ‘n minderbevoorregte skool in die gemeenskap te help.

Dié jaar het Ripple Reading en Blair Atholl Primary Farm School weggestap met die wenprojek. Die organisasie en skool is sedert 2014 by mekaar betrokke en het die tema ‘Opvoeding is lig’ aangeneem.

Ripple Reading is a niewinsgewende organisasie wat geletterdheid en in besonder leesvaardigheid bevorder. Hulle glo dat opvoeding en gehalte-onderwys lig bring en die armoedesiklus so gebreek kan word. Die verfyning van hulle projek het gesorg dat die vennootskap hulle die 2016 ATKV Handevatkompetisie laat wen het.

Die skoolhoof Judy Ayres het met trots die leerders aan die lede voorgestel.

Blair Atholl Primary Farm School se leerders kom uit arm omstandighede en verskillende kulture, en kommunikeer in ‘n verskeidenheid tale. Op die dag van die prysuitdeling het van die leerders in al die tale gepraat om hulle diversiteit te wys. Hulle het ook hul leesvaardighede ten toon gestel wat hulle danksy Ripple Reading verwerf het.

Die skool kon selfs onlangs sy eerste konsert hou. Vrywilligers uit die gemeenskap het die opvoeders en leerders gehelp en hulle kon die tema van ‘n biblioteek uitleef.

“Julle projek is prakties en word uitgeleef. Dit is meetbaar en word baie kreatief geïntegreer met soveel ander vaardighede en aktiwiteite dat ek werklik daardeur stomgeslaan is,” het beoordelaar JJ van Niekerk gesê.

Khensani Mahanjana is baie trots om deel te wees van ‘n wenskool.

Die onderwysers was die dag baie opgewonde om te wys hoe die leerders gevorder het. Die leerders het stories vertel, gedigte voorgedra en vir die lede gelees. Die skoolhoof, Judy Ayres, se trane het vlak gesit, maar sy was trots op die skool se leerders en haar kollegas wat die wen moontlik gemaak het.

Ripple Reading en Blair Atholl Primary Farm School het elk R30 000 as prysgeld ontvang om terug te ploeg in die gemeenskap. Die vennote beplan groot dinge en sal aanhou streef om ‘n verskil te maak.

Die Graad 2-leerders het ‘n storie oor ‘n kat gelees.

Lees verder:

Boereoorlog drama presteer by ATKV

Ripple Reading’s fundraising auction

VIDEO: Reading can have a ripple effect

This Christmas will have a rippling effect

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button