Cowboys en kroeks, snyerspakke en skitterrokke – die Mnr en Mej Nories-finaliste het almal tydens ‘n glansgeleentheid behoorlik na hul asems laat snak.
Pryse ter waarde van R40 000 was op die spel en die leerders het alles uitgehaal om met die kroon te probeer wegstap. Amor Vitone, ‘n bekende in die vermaaklikheidsbedryf, was die seremoniemeester.
“Vanaand gaan nie soseer oor wen of verloor nie, maar om dit ten volle te geniet,” het Charné Pretorius gesê.
Die pryse was fenomenaal en het ‘n gratis vakansie vir die wenners ingesluit. Skoonheidsgeskenkbewyse en kontant was ook op die spel.
Die vyf beoordelaars het ingesluit die bekende gesig van Clearwater Winkelsentrum, Johannes Olivier, wat ook ‘n loopplankmodel is, Shene van der Vyver, wat deel is van Steel Model Academy en Werner Botha van Terenzo Hair. Werner is die afgelope paar jaar deel van die top haarsalon. Hy beoordeel baie kompetisies en het al reg oor die wêreld bekendes se hare versorg. Hy word beskou as een van die top haarkappers in die land.
Dawie Kriel, Hoërskool Noordheuwel se adjunkhoof vir sport en Janie Delport, ‘n nuwe onnie by Nories en self ‘n oud-Norie het die skool as beoordelaars verteenwoordig.
“Dit is belangrik dat die wenners nie net mooi gesiggies het nie, maar ook ‘n baie mooi persoonlikheid,” het Janie gesê. Janie het ook vertel dat dit iemand moet wees met styl wat ‘n mentor vir Nories se meisies moet wees.
Die beoordelaars het ‘n moeilike taak gehad, en het die volgende leerders as wenners bekroon:
Junior meisies:
Tweede prinses: Chanel Vosloo
Eerste prinses: Bridget Sandenbergh
Wenner: Amor Oosthuizen
Junior seuns:
Tweede prins: Dewet Meyer
Eerste prins: Edwin Carney
Wenner: Ivan Olivier

Senior Meisies:
Tweede prinses: Mischa van Niekerk
Eerste prinses: Tanita Greybe
Wenner: Jessica Taljaard

Senior Seuns:
Tweede prins: Shandre Coetzer
Eerste prins: Deon Bentley
Wenner: Chandler Reineke

Hoërskool Noordheuwel is baie trots op hulle nuwe verteenwoordigers en wil graag almal bedank vir hulle deelname en harde werk vir en tydens die kompetisie.
“Onthou, almal is wenners en as jy nie vanaand ingekom het nie, dan probeer jy net volgende jaar weer,” het Amor Vitone gesê.
Gaan besoek ook ons webtuiste www.krugersdorpnews.co.za en kliek op die galery-afdeling om meer foto’s van die glansgeleentheid te sien.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes:
Randfontein Herald, Roodepoort Record, Get It Joburg West Magazine
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!
