Dit was ‘n groot verrassing vir die hoof van Hoërskool Noordheuwel toe daar besluit is om ‘n klubhuis na hom te vernoem.
Die skool het op Vrydag, 24 Maart die Dr Jac Fourie Klubhuis geopen. Dit was ‘n mylpaalgebeurtenis by die skool en sal altyd onthou word.
Dr Fourie, of Dok soos hy bekend staan, is die afgelope 23 jaar aan die stuur van die top skool.
Lees ook: Nories se mooistes gekroon
Hy is altyd te sien by sport-, kultuur-, akademiese asook sosiale geleenthede waar hy die leerders ondersteun. Hy is daarvoor bekend dat hy die leerders aanmoedig om hul beste in alles wat hulle aanpak te lewer en is ook vir seker ‘n mentor vir die personeel.

Die ouers en personeel is baie dankbaar vir al die insette wat hy oor die jare gelewer het en die voorbeeld wat hy stel.
Die beheerliggaam, personeel en leerders is baie trots op hierdie nuwe klubhuis en glo dat dit ‘n plek sal wees waar daar nog baie goeie stories en herinneringe gedeel sal word.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!
