Local sportNewsSchoolsSport

Bastion-netbal bereik nuwe hoogtes

Dié spanne het nie geskrik vir hul kompetisie nie, en het sommer vinnig die hoër liga baasgeraak.

Hoërskool Bastion het onlangs die 2017-netballiga op ‘n hoë noot afgesluit toe hul eerstespan ‘n algehele tweede plek en hul tweedespan die eerste plek in die liga behaal het.

Dit is inderdaad ‘n uitsonderlike prestasie vir Bastion aangesien dit hul eerste jaar in dié hoër liga is waarvoor hulle aan die einde van die vorige seisoen gekwalifiseer het.

Hulle het vanjaar teen skole soos Krugersdorp High School, Hoërskool Fochville, Maragon High School en Hoërskool Bekker te staan gekom om sake vir die 2017-netballigatitel uit te spook.

Die skool is baie trots omdat die dogters so goed in die hoër liga gevaar het.

Die res van die spanne se uitslae is soos volg:

• o.14A – derde plek

• o.14B – sesde plek

• o.15A – derde plek

• o.15B – sewende plek

• o.16A – vierde plek

• o.17A – derde plek

Bastion se netbalorganiseerder, Elmari van der Vyfer glo dat Bastion se netbal besig is om van krag tot krag te gaan, en het gesê dat sy trots is op dit wat die spelers vanjaar bereik het.

“Baie geluk aan al die afrigters met hierdie mooi prestasies. Baie dankie aan al die dogters vir hul harde werk hierdie seisoen. Ons sien sommer baie uit na die 2018-liga,” het sy gesê.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at krugersdorpnews@caxton.co.za or phone us on 011 955 1130.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister websites: 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button