Uiteindelik hoop vir familie van dwelmverslaafdes
SOS Krugersdorp stel nuwe anti-dwelm projek bekend en die projek is ‘n vertakking van die suksesvolle projek wat in Roodepoort funksioneer.
Die bekende dwelmbestrydingsprojek, Substans Ondersteuning (SOS Wes-Rand) het onlangs hulle nuwe tak in Krugersdorp bekendgestel en nooi elkeen wat hulp nodig het, om hulle te kontak.
SOS is ‘n program wat ondersteuningsgroepe vir die families en vriende van substansafhanklikes op die been bring.
Hulle beoog om ouers, familielede en vriende van afhanklikes te help met inligting, bystand en opleiding oor verskeie probleme wat met verslaafdes verband hou. Onderwerpe soos hoe om ‘n huis met ‘n verslaafde te deel, word behandel.

Die program help ook afhanklikes met buitepasiënt-rehabilitasieprogramme.
SOS het elke week ‘n program waaraan die gemeenskap kan deelneem.
Hulle ondersteuningsgroepe kom Maandae van 6.30nm tot 9nm by AGS Krugersdorp-Sentraal byeen.
Buiten die algemene dwelm- en afhanklikheidsinligtingsessies wat hulle aanbied, is daar ‘n agtweke-opvoedingskurses vir families en vriende.
Dan bied hulle ook ‘n rehabilitasie-ondersteuningsprogram aan waar afhanklikes weekliks Celebrate Recovery-sessies bywoon. Afhanklikes kan ook individueel afsprake maak om met gekwalifiseerde persone oor hul rehabilitasieproses te gesels.
Vir meer inligting, kontak projekleiers André du Toit by 081 727 8554 of Amanda du Toit by 081 569 9833. Besoek ook hulle webblad by www.sosministries.co.za of stuur ‘n epos na sossentraal@gmail.com.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!
