Editor's choiceLocal newsNews

Bouwer Bosch en Academie ondersteun plaaslike kinderhuis

Die konsert deur Bouwer Bosch en Academie was 'n fondsinsamelingsgeleentheid vir 'n plaaslike kinderhuis.

Op Saterdag, 17 Junie was Cherry on Top-koffiewinkel gevul met oop harte en besonderse musiek toe bekende sanger en akteur, Bouwer Bosch, sowel as die musiekgroep, Academie vir ‘n goeie doel kom kuier het.

Die konsert was ‘n fondsinsamelingsgeleentheid vir The Bethany House Trust Children’s Home en al die wins is aan die kinderhuis geskenk.

Bouwer Bosch vermaak die gehoor. Foto: Alanicka Lotriet.

Volgens Jean-Louise, sanger en musikant van die ‘indie/dream-pop’-musiekgroep, wou hulle graag iets reël vir die jeug van Krugersdorp rondom Jeugdag.

“Aangesien my ma, Loekie Nel, eienaar van die koffiewinkel, deel is van die Friends of Bethany House-struktuur het ons dit goedgedink om so ‘n pret fondsinsameling vir hulle te hou waarvan die jeug ook deel kon wees,” het sy vertel.

Alhoewel die geleentheid op baie kort kennisgewing gereël is, glo Jean-Louise dat dit ‘n jaarlikse instelling rondom Jeugdag behoort te word.

Gert Jonker, hoof van die Trust het vertel dat hy baie dankbaar is vir die gemeenskap se insette, en dit opreg waardeer.

Jean-Louise en Alex Parker, ook bekend as Academie, vermaak die gehoor. Foto: Alanicka Lotriet.

“Ons verstaan dat dit baie moeilik op die oomblik is vir die gemeenskap om te besluit waar om te help. Ons is net dankbaar dat hulle ons help en ondersteun. Dis baie lekker om te sien hoe die gemeenskap omgee,” het hy gesê.

Bouwer Bosch het die gehoor behoorlik vermaak met bekende treffers soos Oorgeloop, (K)anker en Petrus.

“Ek hou daarvan om op te tree, en dit vir liefdadigheid. Dit gaan nie oor jou ego wat ‘n hupstoot kry nie, dit gaan oor mense wat régtig na jou musiek luister, boonop vir ‘n goeie doel,” het Bouwer ten slotte vertel.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes: 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button