Ebies gee terug
Die hele skool het bygedra tot die projek toe hulle talle niebederfbare kossoorte, toiletware en komberse ingesamel het vir dié wat dit nodiger het.
Al het Laerskool Ebenhaeser talle minderbevoorregte leerders, het hulle nietemin besluit om saam te staan en uit te reik na die Knysna-brandslagoffers tydens ‘n onlangse fondsinsameling.

Die hele skool het bygedra tot die projek toe hulle talle niebederfbare kossoorte, toiletware en komberse ingesamel het vir dié wat dit nodiger het.
Die skool is ook dankbaar vir Hoërskool Noordheuwel wat hul projek ‘n hupstoot gegee het deur swartsakke vol klere te skenk.

Volgens Koos Lamprecht, hoof van Laerskool Ebenhaeser het die leiers met die inisiatief vorendag gekom, omdat hulle besef dat daar mense is wat alles verloor het.
“Soveel mense help ons skool, daarom wil ons graag ook teruggee. Dit maak my hart so bly om te sien dat die kinders so opreg omgee,” het hy vertel.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!
