Editor's choiceLocal newsNews

Liewe Tersa Booysen …

Die News wil graag in kontak kom met Tersa Booysen oor haar pragtige gebaar en mooi briefie.

Gedurende die News se Knysna-uitreikveldtog ‘n paar weke gelede, het ‘n vrou ‘n paar bokse met breekware by die News se kantoor afgelaai. Saam met die breekware was ‘n briefie wat ons hartsnare geroer het.

Ongelukkig was dié bokse breekware nie betyds om op die vragmotors Knysna toe gelaai te word nie en is nog steeds by die News se kantoor.

Daar is voorgestel dat dit oorhandig word aan ander instansies wat na behoeftiges omsien, maar die News wil eers vir Tersa Booysen die geleentheid gee om haar kosbare breekware terug te neem, indien sy wil.

Daar is ongelukkig nie ‘n kontaknommer in Tersa se briefie nie, maar indien jy weet wie Tersa is, skakel News-redakteur Janine Viljoen by 011 955 1130 of stuur ‘n epos na krugersdorpnews@caxton.co.za.

“Ons wil bitter graag met jou gesels oor jou mooi briefie en jou persoonlik bedank vir jou pragtige gebaar,” sê Janine.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes: 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button