Dames en here, Noordskool se redenaarswenners is …
Gedurende hul mees onlangse kompetisie was daar ongeveer 42 deelnemers in totaal waartydens die leerders egter Engelse praatjies moes voorberei en het gesels oor vyf onderskeie onderwerpe.
Laerskool Krugersdorp-Noord (Noordskool) hou elke kwartaal ‘n interne redenaarskompetisie vir leerders van Graad 1 tot Graad 7 om hul stembande op te warm en ‘n positiewe gesindheid te kweek vir dié kuns. Verlede kwartaal was geen uitsondering nie.

Gedurende hul mees onlangse kompetisie moes die nagenoeg 42 deelnemers ‘n Engelse praatjies voorberei. Hulle het oor vyf verskillende onderwerpe gesels.
Die onderskeie graadwenners, met hul onderwerpe is as volg:
• Graad 1: Cee-Jay Maartens met Good manners
• Graad 2: Chanel Harmse met Good manners
• Graad 3: Adia Coetzer met Junk food/ healthy food
• Graad 4: Kristoff Louw met Are teachers still necessary?
• Graad 5: Charl Smit met The future belongs to those who …
• Graad 6: Reanco Louw met There is a ‘but’ in everything
• Graad 7: Miané le Roux met There is a ‘but’ in evertything
Afrigters Talitha du Plessis en Reneé Germishuys is baie trots op die leerders en hul prestasies, en kan nie wag om te sien hoe Noordskool se leerders gaan vaar tydens volgende kwartaal se kompetisie nie.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!
