NewsSchools

Verhoog aan die brand vir bejaardes

Tydens die geleentheid het ongeveer 70 Alma Mater-leerders ‘n konsert vir nagenoeg 50 bejaardes aangebied.

Verbeel jou die volgende scenario; ‘n skoolsaal met die reuk van verhoogplanke, die winterson wat deur die venster op jou vel bak en die gegiggel van jong kinders vol hoop.

Dié scenario het afgespeel toe talle leerders van Alma Mater Internasionale Skool en bejaardes van verskeie ouetehuise onlangs saam gekuier het.

‘Beautiful Ballerinas’ dans tydens een van hul items. Foto: Alanicka Lotriet.

Ongeveer 70 leerders tussen Graad 1 en Graad 11 het ‘n konsert vir nagenoeg 50 bejaardes van die Luipaardsvlei-, Môreglans- en Moria-tehuis aangebied.

Die gehoor het hulle aan die kinders verstom wat gesing, gedans, ballet, gedigte voorgedra, kitaar en klavier gespeel asook drama-items opgevoer het.

Om die dag nog meer spesiaal te maak het die hele skool donasies gegee om te verseker dat elke bejaarde ‘n geskenkpakkie kon huis toe neem.

Twee leerders van Illaney van Eden en vriende voer ‘n gedramatiseerde gedig op. Foto: Alanicka Lortiet.

Alma Mater onderneem jaarliks liefdadigheidsprojekte waartydens die leerders leer hoeveel waarde dit inhou om hul tyd aan die gemeenskap af te staan en om ‘n diens te lewer.

“Die senior burgers het die tydjie saam met Alma Mater baie geniet. Dit laat ‘n mens se hart warm klop om te sien jy helder iemand se dag op. Die jeug en senior burgers het inderdaad lekker saam gekuier,” het Linda Cilliers, hooforganiseerder vertel.

Die juniorkoorlede is reg vir hul optrede. Foto: Alanicka Lotriet.

Dit was ‘n pragtige scenario en “iets anders as vorige jare”, volgens die skool. Hulle sien daarna uit om hul volgende projekte met liefde aan te pak.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes: 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button