Editor's choiceNewsSchools

Monnas se Adriaan ontvang goue erepenning

Ongeveer 3 000 hoërskoolleerders het aan die landswye kompetisie deelgeneem waarvoor 186 produksies by 11 verskillende streeksfeeste op die planke gebring is.

Een van Hoërskool Monument (Monnas) se matriekleerders, Adriaan Havenga het weereens beïndruk toe hy ‘n goue ATKV-erepenning verower het met sy uitmuntende toneelspel tydens die eindrondte van die AKTV-Tienertoneelkompetisie.

Die finale rondte van die 53e AKTV-Tienertoneelkompetisie het van 4 tot 8 Oktober in Kaapstad plaasgevind. Ongeveer 3 000 hoërskoolleerders het aan die landswye kompetisie deelgeneem waarvoor 186 produksies by 11 verskillende streeksfeeste op die planke gebring is.

Adriaan Havenga tydens sy optrede in die eindrondte. Foto: ingestuur.

Jong, voornemende teatermakers het die verhoë warm gespeel en gehore vermaak, ontroer en bekoor. Uiteindelik is die 15 beste produksies, insluitend Monnas s’n, na die finale rondte genooi.

Aan die einde van die laaste rondte is verskeie toekennings oorhandig, en Adriaan is as die beste akteur in ‘n hoofrol aangewys.

“Die toekenning is ‘n aansporing vir my om myself te verbeter en aan my vaardighede te skaaf. Ek dank God, en ek is baie dankbaar teenoor die ATKV en die werk wat hulle vir Afrikaans doen. Dit was ‘n voorreg,” het Adriaan gesê.

Die stuk waarin hy so uitgeblink het, mý Suid-Afrika: ‘n openbaring, het hy self geskryf en ‘n eerste plek daarmee behaal tydens die ATKV-Tienertoneelkompetisie se Potchefstroom-streekfees.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes: 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button