Noordskool se nuwe hoofleiers is …
Gedurende die inhuldigingseremonie is die ses hoofleiers, wat die leerlingraad sal lei, ook aanwys.
‘n Splinternuwe blaadjie is aan die einde van verlede maand by Laerskool Krugersdorp-Noord (Noordskool) omgeslaan toe hul nuwe senior leerlingraad vir 2017/ 2018 aangekondig is.

Gedurende die leierinhuldigingseremonie – ‘n spoggeleentheid sowat ‘n week na die leiers se name bekend gemaak is – is die ses hoofleiers, wat die leerlingraad sal lei, ook aanwys.Die twee hoofleiers is Chané de Jager en Eduan Liebenberg. Vir die volgende jaar sal hulle, saam met die onderhoofleiers, dié skip stuur.Die onderhoofleiers is:
• Yolindi Mostert
• Tianette Wessels
• Reanco Louw
• Emile Louw
Skoolhoof Charles Miller is saam met die skool opgewonde oor die nuwe jaar wat voorlê en vertrou dat dié span ‘n sukses sal maak van alles wat hulle aanpak.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!
