Editor's choiceNewsSchools

Ebies laat waai met La’t Wiel Fees

Van enorme glybane en kameelritte tot arena-agtige springkastele en mistieke skuimhoekies – dié dag het verseker dat elke opgewonde kind lekker kon baljaar.

Laerskool Ebenhaeser (Ebies) het onlangs laat waai met hul welbekende La’t Wiel Fees wat oor die jare ‘n gesogte geleentheid geword het.

Talle inwoners teken dié fees sommer maande voor die tyd op hul kalender aan weens die groot verskeidenheid prettige aktiwiteite wat vir die hele gesin daar aangebied word. Vanjaar was geen uitsondering nie toe die gemeenskap verwelkom is met lekker weer, verskeie stalletjies en smullekker eetgoed.

Elizma Theron sing van haar bekenste treffers. Foto: Alanicka Lotriet.

Van enorme glybane en kameelritte tot arena-agtige springkastele en mistieke skuimhoekies – dié dag het verseker dat elke opgewonde kind lekker kon baljaar.

Vir die ouers was daar goeie vermaak. Die bekende sangeres, Elizma Theron het van haar bekendste treffers gesing. Ander kunstenaars het ingesluit Riana Taljaard, Linda Killian, Priscilla Smith, Michael Tushki, Johan de Klerk, Karin Bekker, Maryna Booysen, Heino Robberts en Ivan van den Heever.

Karen van Zyl geniet elke jaar dié opwindende fees. Foto: Alanicka Lotriet.

Daar was selfs ‘n Mnr en Mej La’t Wiel-kompetisie, asook uitstallings van motors, motorfietse en modelvliegtuie.

Daar kan met reg gesê word dat vanjaar se fees weereens ‘n groot sukses was, danksy die lojale ondersteuning van die gemeenskap.

Daar word vreeslik lekker in die skuim gespeel. Foto: Alanicka Lotriet.

Ebies gebruik daarom die geleentheid om elke persoon te bedank wat bygedra het tot die sukses van een van hul grootste funksies van die jaar.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes: 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button