Editor's choiceNewsSchools

‘Ons vir jou Proties’-konsert dié naweek

Optredes deur gewilde kunstenaars soos Monique West, Luané, Ryno en vele meer.

Die Ons vir jou Proties-konsert sal op Saterdag, 13 Januarie plaasvind en die organiseerders nooi elkeen om dit by te woon.

Die doel van die konsert is om geld in te samel ten bate van Laerskool Protearif wat verlede jaar deur ‘n tornado getref is.

Optredes deur gewilde kunstenaars soos Monique West, Luané, Ryno en vele meer sal om 9.30vm begin en kaartjies beloop R50 per volwassene en R20 per skoolgaande kind. Kinders onder ses hoef nie toegangsgeld te betaal nie.

Daar gaan ook ‘n gelukstrekking en veiling wees.

Ondersteun asseblief die kosstalletjies en biertuin. Vir die kinders sal daar kameelritte, springkastele, gesigverf en vele meer wees.

Die meegaande pamflet bevat die adres en program.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes: 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button