Graad 1’s met groot drome
Drie nuwe Nories deel hulle drome vir die groot skool.
Hulle kan enige iets word – argitekte, dokters en selfs toergidse, maar hulle moet iewers eers begin. En waar beter as Laerskool Krugersdorp-Noord?
Lebo Masuku, Kaylee Viljoen en Marcell Delport is almal nuwe Nories, elk met hulle eie drome. Marcell wil ‘n brandweerman word. Hy sê hy wil mense red.
Kaylee lyk asof sy die rol van ‘n dokter of paramedikus goed sal kan vertolk en Lebo lyk asof hy ‘n uitstekende motorwerktuigkundige kan wees.
Maar eers moet hulle leer lees en skryf, somme doen en legkaarte bou. Al drie die Graad 1’s was bitter opgewonde oor die tyd in die skool en hulle wou sommer dadelik terug gaan klas toe.
Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at krugersdorpnews@caxton.co.za or phone us on 011 955 1130.I
For free daily local news on the West Rand, also visit our sister websites:
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!
