Proties se Graad 1’s op safari
Die dubbelverdiepingklasse troon soos 'n betonoerwoud hoog bo hulle uit. Die juffrouens is hul toergidse wat hulle die oerwoud sal laat bemeester.
Die nuwe Graad 1’s van Laerskool Protearif is op safari – ‘n ontdekkingsreis wat sewe jaar lank sal duur. Hulle stap met groot oë en maar tog opgewonde die onbekende in. Oral waar hulle kyk is nuwe dinge. Die dubbelverdiepingklasse troon soos ‘n betonoerwoud hoog bo hulle uit.
Die juffrouens is hul toergidse wat hulle die oerwoud sal laat bemeester.

Foto: Bianca Pindral.
Gereed met streepsak op die rug is hulle die oerwoud in. Mamma en pappa wag by die ingang van die oerwoud met trane in hul oë.
“Dis ons jongste wat nou al grootskool toe gaan,” het een mamma vir ‘n ander vertel.
Hulle eerste pouse kom en hulle soek die groen grasvelde op. Uit die streepsak word broodjies gehaal en al sukkelend word dit danksy vermiste voortande gekou.
Daar is baie ander vreemde reisigers. Maar hulle sal nie vir lank alleen of vreemd wees nie, want die reisigers gaan die een of ander tyd begin gesels en so sal daar maats gemaak word.
Die klok lui en die reisigers gaan uiteindelik huis toe. Party het hier en daar ‘n skaafmerk soos hulle gespeel het, ander is vol modderstrepe soos hulle die dag oorleef het.
Die brawe reisigers sal môre hul safari voortsit en so leer om die wilde wêreld veilig in te vaar.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na [email protected] of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!
