Editor's choiceNewsSchools

Die oulikstes gaan skool toe

Op die rugbyveld was juffrou Mary se klas alreeds besig om atletiek te oefen.

Al is hulle skool in Oktober verlede jaar feitlik platgevee deur ‘n tornado kon die Graad 1’s van 2018 steeds hulle eerste dag van skool geniet danksy die spoed waarteen herstelwerk gedoen is.

Die News het Laerskool Muldersdrif op ‘n warm Woensdag, 17 Januarie gaan besoek om hulle splinternuwe graadeentjie paddabeentjies te gaan afneem.

Dit was eers die identiese tweeling Venuska en Jessica Nel se beurt. Hulle het albei met hul vol kosblikkies gespog terwyl juffrou probeer het om die twee uit mekaar te ken.

Op die rugbyveld was juffrou Mary se klas alreeds besig om atletiek te oefen. Jay-Dee Slabbert en Danika Schultze-Messing het rustig op die gras gesit en kyk hoe hul maatjies hardloop terwyl hulle die inhoud van hul kosblikkies geniet het.

Toe pouse uiteindelik vir haar klas aangebreek het, het juffrou Erika ook haar kleingoed veld toe gebring. Sy het vir Zellemarie Wiebosch en Dean Nel nader getrek en saam met hulle ‘n foto laat neem.

Zellemarie se hare was vir haar tweede dag by die skool in twee fraai poniesterte vasgebind en sy het gespog met haar haarrekkies wat mooi by haar skoolklere pas.

Die skool heet al hul graadeentjies welkom en hoop die jaar bring vir hulle baie geluk.

Die tweeling Venuska en Jessica Nel geniet die inhoud van hulle kosblikkies.
Foto: Bianca Pindral.
Laerskool Muldersdrif se Graad 1-klas sit op die trappe en geniet hul heel eerste pouse.
Foto: Bianca Pindral.
Jay-Dee Slabbert en Danika Schultze-Messing het rustig op die gras gesit en kyk hoe hul maatjies hardloop terwyl hulle die inhoud van hul kosblikkies geniet het.
Foto: Bianca Pindral.
Juffrou Mary se klas oefen atletiek.
Foto: Bianca Pindral
Juffrou Erika saam met Zellemarie Wiebosch en Dean Nel.
Foto: Bianca Pindral.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes: 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button