Ebies Graad 1’s is gereed vir die jaar
Dit is geen geheim nie dat elkeen van dié haasbekkies die beste sal maak van die jaar wat voorlê.
Met ogies blinker as hul gepoleerde skoolskoene het die nuwe maats van Laerskool Ebenhaeser (Ebies) die ‘grootskool’ op Woensdag, 17 Januarie binnegestap.
Al was dit moeilik om vir Mamma en Pappa te groet, het hulle sommer vinnig tuis gevoel tussen ‘n paar bekende gesiggies van verlede jaar se Graad R-klas. Dit is geen geheim nie dat elkeen van dié haasbekkies die beste sal maak van die jaar wat voorlê.




Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!
