Ons vir jou Proties
Die feesgangers is behoorlik vermaak. Daar was allerlei stalletjies soos tombola, yskoue swemtromme, kameelritte, boeresport, 'n biertuin en optredes deur 'n paar plaaslike kunstenaars.
Dit was ‘n heerlike somersdag toe Laerskool Protearif (Proties) se ondersteuners na ‘n kleinhoewe in Muldersdrift gestroom het om die dag ten bate van herstelwerk aan die skool te geniet.

Dit volg nadat ‘n verwoestende storm op 9 Oktober die skool op sy kop gedraai het. Volgens Proties-ouers en organiseerders, Corrie Vorster en Corné Els, sou dié fondsinsameling reeds in Desember plaasgevind het maar omdat die weer dit nie toegelaat het nie, moes hulle dit uitstel tot Saterdag, 13 Januarie.
Die feesgangers is behoorlik vermaak. Daar was allerlei stalletjies soos tombola, yskoue swemtromme, kameelritte, boeresport, ‘n biertuin en optredes deur ‘n paar plaaslike kunstenaars, waaronder Monique West, Monique Steenkamp, Luané, Nadia, Margeret, Kay Bee, Sanna, Franna, Reneé, Ryno, Tertius en Justin.

“Ons het gevoel ons kan dit vir die skool doen – die kinders se toekoms is vir ons belangrik. Ons is bly om te kan sê dat almal die dag saam met ons baie geniet het,” het Corrie vertel.
Teen die einde van die dag kon hulle die opbrengs aan skoolhoof Donna Lourens oorhandig.

Volgens Corrie is dié geld ingesamel sodat onderwysers hul klasse waar moontlik kan opknap. Sy het vertel dat sy tevrede is met die dag se gebeure en die opbrengs.
“Ons bedank graag uit die diepte van ons harte almal wat bygedra het tot die dag se sukses – ons waardeer dit opreg,” het sy ten slotte gesê.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at krugersdorpnews@caxton.co.za or phone us on 011 955 1130.I
For free daily local news on the West Rand, also visit our sister websites:
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!
