Bastion se groentjies kuier in Madagaskar
Konsert neem gehoor saam op safari
Die Graad 8’s van Hoërskool Bastion is na afloop van die gala-aand van die groentjiekonsert as volwaardige Bastionners ingelyf.Die Madalemuriete – soos die groentjies bekend gestaan het – het die gehoor met ‘n safari deur Madagaskar vermaak. Riaan de Jager en Carmen Jacobs was Melman en Gloria wat deur die foto-album van hul Madagaskar-avonture geblaai het, en die groentjies het op die maat van polsende musiek en flitsende ligte die herinneringe uitgebeeld.
Die hoofkarakters se sêgoed en uitbeelding van hul spesifieke karakters het die gehoor behoorlik vermaak, en elke klasitem het dawerende applous ontvang.
Maar, die hoogtepunt van die aand se verrigtinge was definitief die inlywingseremonie, die sing van die skoollied asook die uitvoering van die kreet, waarna hulle as volwaardige Bastionners verwelkom is.








Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!
