Brandweer vuur leerders se nuuskierigheid aan
Volgens die adjunkhoof was dit 'n opvoedkundige besoek wat die leerders se kennis van die vak op 'n praktiese wyse uitgebrei het.
Op Maandag, 12 Maart het Laerskool Kenmare ‘n baie spesiale besoek van die Brandweer-eenheid van die Wes-Rand Distriksmunisipaliteit ontvang.
Volgens adjunkhoof en Graad 7 Tegnologie-onderwyser, Kevin Kinghorn was dit ‘n opvoedkundige besoek wat die leerders se kennis van die vak op ‘n praktiese wyse uitgebrei het.

Die leerders is tans besig om meer oor hefbome, skakelings en hidroulika te wete te kom.
“Die praktiese voorbeeld waarvan al dié aspekte deel vorm is meganiese toerusting was die lewenskake of Jaws of Life genoem word. Hulle het geleer dat brandweerpersoneel dit gebruik om die bakwerk van voertuie oop te sny,” het hy vertel.
“Hulle was baie opgewonde om te sien hoe lewenskake-reddingsgereedskap werk en was verbaas hoe sterk die gereedskap is.”

Kevin het ten slotte vertel dat hulle probeer om hul leerders so veel as moontlik aan sulke ervarings bloot te stel om hul leer te bevorder.
Die skool bedank graag die Brandweer-eenheid vir hul puik betrokkenheid.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!
