Editor's choiceMunicipalNews

Stadsrede: ‘Geroeste metaal wat met verf toegesmeer is’

"Burgemeester Lipudi kon ook nie verduidelik wat van die voorheen impossante Bob van Reenen Stadion gaan word nie."

Die Demokratiese Alliansie (DA) en Vryheidsfront Plus (VF+) was nie beïndruk met die buitensporige uitgawes wat vir die burgemeester, Naga Patrick Lipudi se Stadsrede aangegaan is nie.

Die eintlike doel van die Stadrede is om verslag te doen oor die algemene stand van sake in Mogale City, die huidige demografie van die munisipaliteit, die getal mense wat die gebied binnekom en verlaat, die stand van die stad se likiditeitsverhoudings, of die bestaande laste die bates oorskry (wat wel die geval is) en of die munisipaliteit sy grondwetlike mandaat nakom.

Lees ook: Beloftes oor swembad bly leeg

Vanjaar se Stadsrede was volgens Amanda de Lange van die VF+ egter nie iets om oor huis toe te skryf nie. Benewens die groot wegblysyfer is min gesê om groei en vooruitgang te stimuleer, het sy gesê. In die verlede was dit een van die hoogtepunte op die Raadskalender.

Jade Miller van die DA het bygevoeg dat die funksie volgens verskeie bronne Mogale City se belastingbetalers heelwat uit die sak gejaag het.

“Dit was nie nodig om soveel aan al die versierings te spandeer nie,” het Jade gegrief gesê. “Die burgemeester kon die Stadsrede tydens ‘n gewone raadsvergadering gelewer het en dit kon daarna op die amptelike webtuiste geplaas geword waar almal dit kon lees. Die teikenmark word nie deur middel van ‘n gekose gehoor bereik nie.”

“Burgemeester Lipudi kon ook nie verduidelik wat van die voorheen impossante Bob van Reenen Stadion gaan word nie. Al wat hy kon sê is dat daar gesprekke tussen die raad en die sokkerklub Kaizer Chiefs aan die gang is,” het Amanda gesê.

“Hy kon wel land en sand uitbrei oor die tientalle beoogde jeugprojekte en ‘n modelkompetisie vir die Wes-Rand waarby Krugersdorp betrokke is. Hy kon ook nie breedvoerig verduidelik hoekom die raad se behuisingsprojekte so ver agter is nie.”

DA-hoofsweep Tyrone Gray het na die funksie gesê dat die Stadsrede vergelyk kan word met ‘n stuk geroeste metaal wat bloot met ‘n laag verf toegesmeer is.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at krugersdorpnews@caxton.co.za or phone us on 011 955 1130.I 

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister websites: 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button