Kitsskare Kennies laat die koppe draai
Op die dag het drie inkopiesentrums hul sentrumgangers die geleentheid gegee om toe te sien hoe 160 Kennies leerders op die maat van heerlike musiek dans.
Op Saterdag, 24 Maart was talle sentrumgangers aangenaam verras toe Laerskool Kenmare (Kennies) hulle met hul bekende jaarlikse Flashmob-vertoning vermaak het.
Die Key West-, Cradlestone- en Clearwater-inkopiesentrums het die 160 Kennies-leerders van Graad R tot Graad 7 verwelkom wat op die maat van heerlike musiek gedans het. Dié leerders is hoofsaaklik lede van die skool se revue- en koorgroepe.

“Die Flashmob het al ‘n tradisie geword en die leerders oefen baie hard daarvoor. Hulle geniet werklik elke sekonde daarvan,” het hul afrigter, Ilze Swiegelaar gesê.
Sy het verder vertel dat dit vanjaar ‘n reuse uitdaging was aangesien hulle besluit het om die juniors ook te betrek.
“Kenmare se revuegroep het in 2017 hoë hoogtes bereik. Hulle is te sien in kykNET se revue-kompetisiereeks wat tans gebeeldsend word. Dit het daartoe bygedra dat die Flashmob so ‘n groot sukses is,” het sy gesê.

“Die bestuur van hierdie winkelsentrums was ongelooflik behulpsaam en het saam met Kenmare se personeel tot ‘n heerlike dag bygedra. Daar het 360 ouers saam met hierdie 160 leerders beweeg en hulle het die leerders so mooi ondersteun. Panarottis en Spur het bygedra deur hierdie leerders heerlik deur die dag te bederf.”
Kennies sien sommer daarna uit om weer so te maak, en glo dat alle sentrumgangers hul optrede geniet het.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!
