Na vier jaar bly Thinus se moord ‘n raaisel
“My kind is aangerand, hy is vermoor, hy is wreed doodgemaak – dit is die woorde wat deur my kop gemaal het.”
Dit is al amper vier jaar sedert Krugersdorp deur die raaiselmoord van die 18-jarige Thinus Coetzee geskud is.
Op Sondagoggend, 1 Junie is sy liggaam agter ‘n bekende nagklub in Burgershoop gevind.
Alhoewel Coetzee se dood aanvanklik aan ‘n oordosis dwelms toegeskryf is, het sy ma, Monica Jansen van Rensburg se moederlike instink haar laat vermoed dat haar kind vermoor is.
Lees meer: OPVOLG: Jong man se liggaam agter nagklub: Moorddossier geopen
Haar vermoede is bevestig toe sy die uitslae van die nadoodse ondersoek onder oë gekry het. Erge hoofbeserings, inwendige bloeding, gebreekte ribbes, ‘n geskeurde gorrel en rou keel is in die verslag genoem.

Maande nadat daar geen leidrade opgevolg of arrestasies gedoen is nie, het sy self na antwoorde begin soek.
Die Krugersdorp Polisie het aan die News bevestig dat ‘n moorddossier geopen is maar hulle het volgens Janse van Rensburg niks gedoen om konkrete leidrade en bewysstukke op te volg nie. Die saak is intussen deur die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) oorgeneem.
Lees ook: Moordsaak na jaar steeds onopgelos
Meters van waar haar seun se liggaam gevind is, het familie en vriende ‘n gedenkmuur vir Coetzee opgerig. Behalwe dat boodskappe van verlange daar geplaas kan word, het Janse van Rensburg vertel dat die muur ook opgerig is om die polisie en die moordenaars daaraan te herinner dat daar vir geregtigheid geveg sal word. Geen verdagte in egter nog in hegtenis geneem nie.
Coetzee se vriende en familie beplan om ‘n kers aan te steek ter nagedagtenis aan sy lewe en sy sinnelose dood. Hulle wil ook daarmee die polisie aan die saak te herinner.

Vriende en familie nooi alle belangstellendes om by hul aan te sluit op Vrydagaand, 18 Mei om 7nm in die parkeerterrein van Lime Lite Pub and Grill.
Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at krugersdorpnews@caxton.co.za or phone us on 011 955 1130.I
For free daily local news on the West Rand, also visit our sister websites:
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!
