Openbare Werke-huise nie meer ‘n seer oog nie
Vensters is gebreek, toerusting is weggedra, vloerteëls is uitgehaal, en kabels en plafonne is uitgebreek.
Ongeveer sewe jaar gelede is twee Openbare Werke-huise in Frederick Cooperrylaan in Kenmare ontruim.
Volgens Demokratiese Alliansie- (DA-) raadslid, Annette Fourie het vandale dadelik begin toeslaan. Vensters is gebreek, toerusting is weggedra, vloerteëls is uitgehaal, en kabels en plafonne is uitgebreek. Inwoners moes toekyk hoe die huise in ‘n seer oog ontwikkel.
Daar is sedertdien gereeld kontak gemaak met die Johannesburgse Openbare Werke om dringend aandag te gee en gereeld die eiendomme te inspekteer.
Lees ook: Help bewaar ons omgewing
Nkosi Maphiwe – provinsiale Openbare Werke-bestuurder – het egter eers verlede jaar nuwe hoop gebring, het Annette vertel.
Volgens Annette lyk die huise reeds na ‘n aanwins vir die buurt en alhoewel daar nog geen elektrisiteit tot inwoners se beskikking is nie, is daar reeds versoeke om hulp aan die munisipale bestuurder gerig.
Sy het ten slotte vertel dat daar baie ander verwaarloosde huise in Mogale City is, en dat sy sover moontlik elkeen daarvan sal probeer uitwys.
Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at krugersdorpnews@caxton.co.za or phone us on 011 955 1130.I
For free daily local news on the West Rand, also visit our sister websites:
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!
