Editor's choiceNewsSchools

En die wenners van Bastion se mooistes is …

Mnr en Mej Bastion tydens spoggeleentheid aangewys

Hoërskool Bastion het onlangs hul mooistes tydens hul jaarlikse Mnr en Mej Bastion-kompetisie by Mount Usambara gekroon.

Die deelnemers het almal pragtig gelyk, en die beoordelaars moes behoorlik kopkrap om die wenners te kies. Die volgende leerders as uiteindelik as die wenners in hulle onderskeie kategorieë aangewys:

• Kobus Botha (Mnr Bastion Junior), André Appelgryn (eerste prins) en Milano Venter (tweede prins)

André Appelgryn (eerste prins), Kobus Botha (Mnr Bastion Junior) en Milano Venter (tweede prins). Foto’s: Verskaf.

• Zené Stapelberg (Mej Bastion Junior), Mariné Lamprecht (eerste prinses) en Carmen Nel (tweede prinses)

• Kevin Grimbeek (Mnr Bastion Senior), James Holder (eerste prins) en Ricardo Flemix (tweede prins)

James Holder (eerste prins), Kevin Grimbeek (Mnr Bastion Senior) en Ricardo Flemix (tweede prins).

• Annelize Roodt (Mej Bastion Senior), Michaela Oosthuizen (eerste prinses) en Terezcka de Canha (tweede prinses)

Michaela Oosthuizen (eerste prinses), Annelize Roodt (Mej Bastion Senior) en Terezcka de Canha (tweede prinses).

Wolwe-Dans, ‘n plaaslike musiekgroep, het vir die aand se vermaak gesorg.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes: 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button