Rant-en-Dal Skool het onlangs by die GoG Waterpark in Nooitgedacht ‘n fondsinsameling gehou.
Die skool spesialiseer daarin om kwaliteitonderwys aan kinders met outisme te voorsien.
Meeste van die kinders in dié skool kom uit minderbevoorregte huise en die skool maak dus staat op donasies van die gemeenskap om aan die gang te bly.
Hulle het ‘n kunsmark aangebied en lekker pannekoek en worsbroodjies verkoop om geld in te samel vir die skool. Die kunswerke wat hulle verkoop het, is deur die leerders van die skool gemaak.
Die span van die GoG Waterpark het ook 20 persent van die opbrengs van al die kaartjies wat dié dag verkoop is, aan die skool geskenk. Hulle het so ‘n allemintige R11 000 ingesamel om aan die skool te oorhandig.
GoG Waterpark het ook ‘n ander ooreenkoms met die skool aangegaan. Die skool sal aanstaande jaar kaartjies vir die park verkoop en 20 persent van die opbrengs van al die kaartjies wat by die skool gekoop word, sal aan hulle geskenk word.
Indien jy en jou familie volgende jaar lus het vir ‘n bietjie waterpret, koop gerus kaartjies by die skool en help so om hulle te ondersteun.
Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at krugersdorpnews@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.
For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!
