Oud en jonk het Saterdagoggend, 12 Januarie, aan Hoërskool Bastion se jaarlikse Een Kilometer-wedloop deelgeneem.

Alhoewel dit vir sowat vier jaar nie soos gebruiklik plaasgevind het nie was hierdie byeenkoms ‘n reuse sukses met talle hardlopers en toeskouers wat die straat voor die skoolhek volgestaan het.
Dylan Krenczeck, wat verlede jaar op nasionale vlak deelgeneem het, het in die afdeling vir Hoërskool Seniors die wedloop in twee minute en 38 sekondes kafgedraf en het gespog met die beste tyd vir die een kilometer. Kort op sy hakke was Thamsanqua Nyembe in ‘n tyd van twee minute 40 sekondes.

Hier is die wenners van die onderskeie afdelings:
• Laerskool seuns en dogters: Matthew Pretorius (3:31) en Courtney Sole (3:41)
• Hoërskool Juniors: Daniel Button (2:59) en Emma Visser (3:18)
• Hoërskool Seniors: Dylan Krenczeck (2:38) en Lelani Roodt (3:27)
• Oop kategorie: Thamsanqua Nyembe (2:4) en Natasha Loubscher (4:22)
Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at krugersdorpnews@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.
For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!
