Local newsNews

Plaaslike skuiling vir haweloses hou deure net-net oop

Die Grace House-gemeenskapsentrum sukkel om sy deure oop te hou, selfs al speel hierdie sentrum so 'n groot rol in die gemeenskap.

Grace House is geopen deur Desiré Nobrega, die stigter van Kia Kaha Ministries en haar regterhand, Lenore Jacobs. Hulle wou ‘n huis skep waar hulle nie net haweloses van basiese lewensmiddele voorsien nie, maar wou hulle ook help om weer hul voete te vind en terselfdertyd teruggee aan die gemeenskap.

Dit het egter nie so uitgewerk nie en na amper drie jaar lyk dit of hulle hul deure sal moet toemaak as daar nie hulp kom nie.

Die reël by die sentrum is dat inwoners R20 per nag betaal om daar te slaap, maar oor die jare het hulle die mense jammer gekry en hulle verniet daar laat bly.

Sedert November verlede jaar is dit weer verpligtend om R20 per nag te betaal vir slaapplek.

Die sentrum se water-en-ligterekening is nagenoeg R21 000 per maand en die huur is R19 000 per maand. Hulle gee boonop elke aand vir tussen 40 en 60 mense kos. Die bediening betaal self die rekenings en al was daar aan die begin baie donasies, het dit ook opgedroog.

Daar is ook onvoorsiene uitgawes soos beroking, nuwe matrasse, verf en onderhoud.

Desiré het gesê dat as hulle net weer die mense sover kan kry om R20 per aand te betaal, kan hulle minstens die kosuitgawes dek.

Soms pak die inwoners van die sentrum twee matrasse op mekaar omdat die matrasse al deurgelê is.

Vir dié R20 kry hulle aandete, ontbyt, ‘n warm stort en ‘n matras om op te slaap. Die kinders kry ook ‘n broodjie vir skool en babas kry doeke en melk. Daar is ook net een werkende stort en die gebou het ‘n nuwe laag verf nodig.

Desiré het vertel dat sy nie graag kinders vir langer as 90 dae in die sentrum wil hou nie. Sy probeer hard om die families wat sukkel te help om weer hul voete te vind sodat hulle kan aanbeweeg.

Daar is baie mense wat nie van die haweloses hou nie en die mense van Krugersdorp is glo maar huiwerig om te help, maar sy het bygevoeg dat daar mense is wat regtig net sukkel; ouers wat hul kinders ‘n beter lewe wil gee maar nie ‘n ander uitweg het nie.

Een van die gesinkamers waarin ‘n ma, ‘n pa en twee klein kindertjies bly.

Sy het verduidelik dat sy nie die sentrum wil sluit nie maar dat hulle nie meer kan voorbly met die rekeninge nie al het hulle reeds stappe geneem om elektrisiteit en water te spaar.

In Oktober verlede jaar was daar sprake dat ‘n ander bediening die sentrum sou oorneem, maar daar het nog niks van gekom nie.

Daar is besluit om die sentrum te probeer red en met die hulp van die gemeenskap sal dit moontlik wees.

As jy wil help, skakel gerus vir Desiré by 079 648 1158 of Lenore by 079 517 2396.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at  krugersdorpnews@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button