By die onlangse Distrik Akademiese Toekenningsaand het Hoërskool Monument se 2018-matrieks weer hul staal gewys.
Anandie van den Berg en Jean du Preez is onder die Top 100-leerders in Gauteng.
Jean is nommer 13 in Gauteng en was die Distrik se toppresteerder in Natuur- en Skeikunde met ‘n gemiddeld van 99 persent. Hy is ook aangewys as die algehele toppresteerder in die Gauteng-Wes Distrik.
Monnas is een van slegs drie skole in die Distrik wat met ‘n 100 persent-slaagsyfer spog en hulle is onder die Top 15 skole in Gauteng.
Die getal universiteitsvrystellings wat die skool se 2018-matrikulante behaal het, is ook van die hoogste in die Distrik met 80,3 persent.
“Danksy deurlopende harde werk deur personeel en leerders pluk almal die vrugte en gaan die 2018-matriekgroep met daardie ekstra hupstoot hul toekoms tegemoet,” het Johann Calitz, die skoolhoof, gesê.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!
