Vrydag, 25 Januarie, was weereens ‘n baie spesiale dag by Hoërskool Monument toe die nuwe Graad 8-leerders volgens ‘n bekende skooltradisie ingehuldig is.
Die leerders moes deur ‘n hekkie stap om te wys dat hulle nou ware Monumentare is. Dié tradisie het in 1988 ontstaan.
Vanjaar het die 31ste groep Graad 8s wat uit meer as 300 leerders bestaan het, die tradisie voortgesit.
Die skool se tradisies dra in ‘n groot mate by tot sy uniekheid, en wanneer dié Graad 8’s oor vyf jaar hul hoërskoolloopbaan aan die einde van hul matriekjaar afsluit, stap hulle weer deur dieselfde hekkie; dié keer om die begin van hul volwasse lewe te simboliseer.
“Monnas is trots op ‘n uitstekende groep Gr 8-leerders. Baie sterkte aan elke nuwe Monumentaar en onthou om elke geleentheid ten volle aan te gryp en die beste van jou tyd by Monnas te maak,” het Monnas-hoof, Johann Calitz gesê.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!
