Geliefde predikant, ds Jannie, tree af na 35 jaar
Na 35 by Rant-en-Dal Prisma Kerk het dominee Jannie Pelser sy laaste preek as voltydse leraar gelewer.

Nadat Jannie Pelser destyds sy rekeningkunde-graad aan die Universiteit van Pretoria verwerf het, het hy besluit om eerder te gaan skoolhou.
Maar, Jannie het van jongs af geweet dat hy vir iets anders bestem was.
Gedurende sy tyd as onderwyser het hy finaal die besluit geneem.
Só het Jannie deeltyds begin om vir sy Teologie-graad te studeer, waarna hy ook later sy meestersdiploma verwerf het. In 1984 het hy by die Rant-en-Dal Prisma NG Gemeente begin werk, waar hy gebly het tot sy aftrede op Sondag 27 Januarie.
Jannie en sy vrou Suzette is reeds 38 jaar getroud en hulle is nou besig met die groot pak. Die huis waarin hulle tans woon behoort aan die kerk, daarom gaan hulle na ‘n nuwe plekkie in Krugersdorp trek.
Suzette is die hoof by die voorskoolsentrum, en Jannie is steeds betrokke by die gemeente en sy ToekomsVenster-gemeenskapsprojekte.
Hierdie paartjie is steeds volstoom aan die werk in die gemeenskap, en vorm nog al die jare ‘n gedugte span.
Die twee is baie besig met TV- en radiowerk, en maak af en toe musiek. Hulle help en lei tans 16 studente op. In 2017 het Jannie sy agtste gospel-CD, Vat my Hand vrygestel, en in 2018 sy eerste boek, Here, leer ons om te bid gepubliseer.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!
