Laerskool Krugersdorp-Noord het op 1 Maart die dae begin aftel tot die skool se 100-jaarvieringe wat in Oktober vanjaar plaasvind.
Daar het daardie Vrydagmiddag groot gees by die skool geheers soos wat die kinders, hoof, personeel, ouers en die skool se gelukbringer, Arri die Visarend, die aftel tot die groot partytjie amptelik afgeskop het met ‘n gimnastrade en ‘n uitvoering deur die skool se dansgroep.
Die News was daar om elke oomblik saam te vier en het ook die gebeure in hierdie prettige video vasgevang. Kyk hier daarna:
https://www.citizen.co.za/krugersdorp-news/375135/noordskool-skop-100-jaar-viering-amptelik-af/
Om na nog foto’s van die geleentheid te kyk, kliek hier

