NewsSchools

KYK HIER: Brandweer besoek Noordskool op die laaste skooldag

Laerskool Krugersdorp Noord maak gereed om op vakansie te gaan na die eerste kwartaal verby is. Krugersdorp brandweer het die kinders kom vermaak met hulle 'rooi lorrie'.

Net so voordat Noordskool-leerders se vakansie kon begin en hulle hul skoene by die huis kon uitskop en gaan speel, het daar ‘n verrassing vir hulle op die sportveld gewag.

Met flitsende rooi ligte en loeiende sirenes het die Krugersdorp Brandweer in hul bloedrooi lorrie oor die veld aangery gekom.

Maatjies Juanicque Potgieter, Diané Kriek en Wihan Venter het dit geniet om na die rooi lorrie te kyk en op te klouter. Foto: Jaco Human.

Brandweerpersoneel in die snaakse dik pakke klere wat hulle elke dag moet dra het die kleintjies vermaak en vir hulle al die groot en swaar kraggereedskap gewys wat hulle gereeld moet gebruik om in ‘n noodsituasie by voertuie en huise in te kom.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button