NewsSchools

Ebies-leerders help met herwinningsprojek

Die leerders van Laerskool Ebenhaeser en St Ursula's School het reeds 350kg se doppies ingesamel om vir iemand 'n rolstoel te skenk.

Sewe maande gelede het Roelene Krynauw, ‘n onderwyser van St Ursula’s School, vir een van haar kollegas vertel van ‘n koeldrankdoppieprojek.

Vir elke 1 000kg plastiekkoeldrankdoppies en -proppies wat hulle kan insamel, kan hulle vir ‘n behoeftige persoon ‘n rolstoel skenk.

Roelene en Kobus Prinsloo, ook ‘n onderwyser by die skool, het baie van die idee gehou en Kobus wou graag sy dogter, Crystal van Vuuren en haar Graad 1-klas van Laerskool Ebenhaeser ook by die projek betrek.

So het die leerders van St Ursula’s en Crystal se klas begin doppies en proppies insamel.

Saam spog hulle reeds met meer as 350kg doppies.

Crystal het gesê dat hulle skool gaan aanhou om doppies en bottels bymekaar te maak en aan die einde van elke kwartaal sal hulle die drie leerders aanwys wat die meeste bymekaar gemaak het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button