NewsSchools

Bekker se #Myschoolrocks partytjie ‘n reuse sukses

Dit was 'n besonderse lekker geesvangaand.

Hoërskool Bekker het op 8 Maart groot partytjie gehou nadat hulle Jacaranda FM se #Myschoolrocks-kompetisie gewen het.

Die kompetisie het in Februarie plaasgevind en Bekker het Jacaranda FM se Breakfast with Martin Bester-span se voete onder hulle uitgeslaan. Die skool het R100 000-lugtyd op die radiostasie en ‘n partytjie by die skool met kunstenaars van hul keuse, ook ter waarde van R100 000 gewen.

Die Strydom-gesin, Louis, René en Japie was ook daar.

Die News is genooi om die geleentheid te dek en nadat Moeder Natuur eers ‘n donderstorm oor Magalies te laat losbars het, het ‘n epiese partytjie op ‘n baie nat en modderige Bekker-rugbyveld begin.

Die gewilde DJ Jazzy D was eerste op die verhoog waar hy sy musiek gemeng het, en daarna het Martin Bester en sy musiekgroep die skoolkinders en van hul ouers vermaak. Maar die hooftrekpleister van hierdie partytjie was Francois van Coke wat beslis gesorg het dat almal saamdans.

Francois van Coke en Martin Bester.

Dit was ‘n besonderse lekker geesvangaand en Bekker het weereens bewys hoekom dit altyd lekker in Magalies is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button