Twee leerders van Hoërskool Monument is onlangs gekies om by die Rand Simfonie-orkes se Concertofees op te tree.
Die konsert sal op 9 Junie by die Linder Ouditorium in Parktown plaasvind.
Karlin Kock sal die gehoor op die klavier betower terwyl Carina Naudé viool sal speel.
“Ek is geweldig trots op Karlin en Carina. Ons sien uit na die prestasies wat hierdie talentvolle leerlinge in die toekoms gaan behaal,” het Carina Ghyoot, hoof van Monnas se musiekskool gesê.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
