NewsSchools

Monnas vier Paasfees op die regte manier

Monnas het onlangs hul Paasprogram aangebied en die gehoor kon nie uitgepraat raak daaroor nie.

Hoërskool Monument het hul Paasprogram in die Martin Brink-saal by die skool aangebied.

Die leerders en personeel het voorlesings gedoen, die koor het gesing en daar is lekker musiek gemaak.

‘n Bekende tenoor van Pretoria, Henry van Dyk, het ook die gehoor kom vermaak met uitvoerings van Via Dolorosa en Were you there when they crucified my Lord.

“Die samevloei van die stryk-ensémble se musiek, pragtige koorsang en opregte vertolking van karakters het gesorg vir ‘n onvergeetlike middag,” het Constance Strydom, die skool se bemarkingsbeampte gesê.

Esté Pienaar, wat die hele program saamgestel het, het gesê, “Alle eer en lof aan ons Hemelse Vader vir talente en geleenthede. Ons wil graag ook ons ouers bedank vir hul onbaatsugtige ondersteuning. Monnas is nederig dankbaar!”

Carina Ghyoot, hoof van Monnas se Musiekskool het gesê dat sy nie wou hê die program moes ophou nie en dat dit ‘n mooi, opregte aanbieding was.

“Ek waardeer dit so dat ons dit kon bywoon. Dankie vir ‘n onvergeetlike middag,” het Joe van Dyk, een van die ouers gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button