NewsSchools

Nories skrik nie vir onweer nie

Noordskool-leerders het voluit op springkastele en waterglybane so tussen die son en reën deur gespeel.

Daar is weke lank aan hierdie pretdag gereël, en Laerskool Krugersdorp-Noord se leerders het net so lank uitgesien na speel, klim en klouter op die sportveld.

Toe die weer skielik opsteek het almal bly hoop dat dit gou sal weer sal ooptrek, maar toe dit begin grom, het die onderwysers gou-gou die leerders van die veld af gekry.

Gabriella Möller is vol kleurpoeier. Foto: Jaco Human.

Dié Nories het wou egter graag nog ‘n paar minute op die springkastele, klimmure en seepkastele baljaar, maar hulle moes maar luister.

Al het die onweer hulle vir ‘n rukkie onder die afdakke gehou, was die pret nog vêr van verby af. Toe die wolke ‘n halfuur later begin verdwyn, het die leerders voluit sportveld toe gehardloop.

Jaco de Bruin wys vir sy maatjies dat hy nie bang vir hoogtes is nie. Foto: Jaco Human.

Asof niks hul pret ‘n rukkie lank bederf het nie het hulle weer tougestaan vir lekker worsbroodjies, snoepielekkers, waterballonne en kleurpoeier. Gou-gou is gesiggies en hare pienk en blou, rooi en groen gekleur soos kinders, ouers en onderwysers mekaar met die poeier gegooi het.

Die groot trekpleister was natuurlik die kaskarwedrenne. Die eerste groep het reeds hul beurt op die baan gehad toe die reën begin val het, maar die laaste groep kon nie die nat gras baasraak nie. Daar is toe besluit om die wedrenne op ‘n latere datum af te handel.

Die kinders het tot laatmiddag te lekker saam met hulle maatjies gespeel.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button