NewsSchools

Kennies-meneer word nuwe Goue Leeus o.12-afrigter

Peter hoop om as Goue Leeus 0.12-afrigter groot hoogtes te bereik.

Laerskool Kenmare se Peter du Toit is as die Goue Leeus Laerskolerugby se o.12-afrigter aangewys, en maak tans gereed om aan die werk te spring.

Peter het vertel dat hy dit glad nie verwag het nie. Hy het wel genoem dat sy spanne se uitstekende vertoning die afgelope paar jaar ‘n groot bydrae gelewer het.

Peter het wel reeds ‘n o.13 Sewesrugbyspan gedurende die 2017/ 2018-termyn afgerig. Hierdie span het ‘n algehele vierde plek teen die land se sterkste spanne behaal.

Sy doel is om die jongklomp na die beste van sy vermoë af te rig en die ander afrigters te ondersteun waar hy ook al kan.

Hy het verduidelik watse ongelooflike voorreg dit vir hom is om homself op die hoogste vlak teen die allerbestes te meet, en om te sien wat die nuutste afrigtegnieke is en wat ander afrigters tans doen.

“Ek bedank graag vir Laerskool Kenmare vir die platvorm wat hulle skep om ons in staat te stel om so iets te kan doen, asook ons hoof, Wouter Immelman, en die Goue Leeus Laerskolerugby se Donna Lourens wat vertroue in my gestel het en vir my die geleentheid gegee het,” het Peter laastens gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button