NewsSchools

Monnas blink uit by toneelkompetisie

Twee van Monnas se leerders was deel van net agt wat aan 'n nasionale toneelspelkompetisie in die Kaap deelneem het.

Die finale rondtes van die 18de Nasionale Toneelspelkompetisie vir hoërskoolleerders het vroeër in Mei in Kaapstad plaasgevind.

Brandon Eloff van Hoërskool Monument het daar met die derde plek en ‘n prys van R1 000 weggestap.

Die kompetisie word hoofsaaklik deur kykNET geborg en word elke jaar deur Hoërskool Bellville georganiseer.

Om en by 500 leerders het vir dié kompetisie ingeskryf en die landswye uitdunrondtes is in Februarie en Maart gehou. Vandaar het net 80 leerders die geleentheid gekry om oor vier rondtes op ‘n uitklopbasis deel te neem. Die agt finaliste het op 4 Mei elkeen ‘n program in Kaapstad aangebied. Twee van Monnas se leerders, Brandon en Iteboge Modipane, was onder hulle.

Hierdie jaar het die RSG-radiostasie en die ATKV-span ‘n nuwe projek aangepak waar twee skrywers se radiodramas deur van dié leerders aangebied sal word. Brandon sal deel wees van die skrywer Retief Scholtz se drama wat in Johannesburg opgeneem sal word.

‘n Produksie wat by die Woordfees in 2020 open is ‘n uitvloeisel van die kompetisie. Amelda Brand sal die regisseur vir hierdie produksie wees en Brandon is ook gekies vir ‘n rol daarin.

Monnas se kultuurorganiseerder, Esté Pienaar het Brandon gelukgewens.

“Met jou talent, nederigheid en doelgerigtheid wag daar ‘n blink toekoms op jou! Dit was ‘n voorreg om saam met die twee ware Monnas-ambassadeurs Kaap toe te gaan,” het sy gesê.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button