NewsSchools

Norie-superhelde vaar die strate in

Met die oog op die komende landloopseisoen het Laerskool Krugersdorp-Noord 'n prettige dag van uitdunne gehou waartydens klasmaats om die skoolgronde gehardloop het om te kyk wie die langasems is.

Die vraag was, hoe kies mens die top 10 atlete in elke ouderdomsgroep in ‘n skool met honderde leerlinge, en maak dit terselfdertyd pret en nie te tydrowend nie?

Die antwoord, het Noordskool besef, was om ‘n massalandloopdag te hou. Maar waar kom die pret dan in, behalwe om om die skoolgronde saam met maatjies te hardloop?

Die vinnige Genique Jacobs maak Wonder Woman trots. Foto: Jaco Human.

Op Vrydag, 31 Mei kon die leerders skool toe gaan in kleurvolle uitrustings. Superman, Wonder Woman, Spiderman, Batman en vele ander superhelde het op die pawiljoen op die sportterrein bymekaar gekom, en die opwinding was groot.

Die straathoeke is beman deur sekuriteitspersoneel, die hek van die sportterrein is oopgemaak en die leerders is losgelaat. Die superhelde het volstoom om die skool gehardloop met skouermantels wat in die wind gewapper het. Die voorlopers het gou die afstand van omtrent ‘n kilometer om die skool kafgedraf.

Superman Charl Vorster het met ‘n supersprong die ander helde gou agtergelaat. Foto: Jaco Human.

Die eerste klompie helde wat weer deur die skool hek ‘gevlieg’ gekom het, het gekwalifiseer vir die eerste landloopkompetisie van die seisoen wat op Vrydag, 19 Julie aangebied word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button