Local newsNews
Groot makietie by Suiderlig-kermis
Die Suiderlig-kermis was onlangs 'n groot sukses en daar was vermaak en kos om te kies en te keur.
Die gemeenskap het lekker gemakietie by die NG Kerk Suiderlig se jaarlikse kermis.
Daar was genoeg kos om enige honger te stil en die mans en vroue by die pannekoektafel het boonop vir hulself ‘n mikpunt van 10 000 pannekoeke gestel.

Vir die jongklomp was daar springkastele, speletjies en lekkernye om te kies en te keur, en daar was selfs ‘n kompetisie waar ‘n gelukkige persoon ‘n TV kon wen.
Kermisgangers is ook deur die pragtige klanke van die Nories Acapella en Touch of Class vermaak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
