[FOTO’s] Helene wek herinneringe op by oggendtee
Die oggend het vir baie van die vroue herinneringe teruggebring aan hulle jeugdae.
Dit was ‘n heerlike lente-oggend by the NG Krugerdorp-Oos Kerk toe talle vroue en ondersteuners bymekaar gekom het vir ‘n fondsinsameling ten bate van SAVF Môreglans Tehuis.
Die fondsinsameling, wat op 5 Oktober plaasgevind het, was in die vorm van ‘n oggendtee met ‘n heerlike ligte ontbyt, maar dit was sanger Helene Bester wat die trekpleister was.
Helene het verskeie Nana Mouskouri-liedjies gesing terwyl sy ook haar eie storie van depressie en oorwinning vir die gehoor vertel het.
Janine van der Berg, ‘n lid van die tehuis se diensbestuur en ook organiseerder van die oggendtee, het tussendeur geskenkies uitgedeel.
Sy en Helene was saam op skool.
Die oggend het vir baie van die vroue herinneringe teruggebring aan hulle jeugdae terwyl Helene talle van Nana se gewilde liedjies gesing het.
Die fondsinsameling was ‘n suksesvolle bemarkingsgeleentheid vir Môreglans en een wat nie sommer gou vergeet sal word nie.

