Monique Sinden het die News genader rakende haar verlore hondjie, Dixie.
Monique is siek van bekommernis en hoop die gemeenskap sal kan help om Dixie op te spoor wat op 27 November in die Krugersdorp-Wes area vermis geraak het.
Dixie is drie jaar oud en is ‘n Pekinese/ Toy Pom-kruis. Sy is klein gebou met bruin en wit kolle op haar lyf. Sy is ook baie skrikkerig vir mense wat sy nie ken nie.
Indien jy enige inligting het oor waar Dixie kan wees, skakel gerus vir Monique by 074 602 2639.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
